PROFESIE 43, Deel 1

‘EK IS’ GOD, DIE POTTEBAKKER, JULLE IS MY KLEI!

MY GAWES IS NIE TE KOOP NIE!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
3 February  2001

* * * * * * *

Hierdie woord was oorspronklik aan ‘n ander broer, Chris gegee, maar dit is vir alle Apostels en Profete rakende die profetiese skole en ander aanvalle op God se Boodskappers (i.e. Brownsville,”Goudkoors Herlewing’”, “Goudstof Herlewing”, Rodney Howard Browne, Laggende Herlewing, Profetiese Klubs wat niks meer is as populariteitskompetisies nie, ‘n kliek waarheen Apostoliese/Profetiese leraars soos ek nog nooit genooi was nie, ens)..  

Ware Apostels en Profete word stilgemaak, gemanipuleer, geïntimideer, verneder, gediskwalifiseer, ontmoedig, en weggejaag net omdat hulle MY waarheid spreek wat die vlees aanstoot gee ter wille van MY Gees!  Sodat die wolwe hulle sakke kan volstop met silwer en goud, en vir die mense vertel dat die Heilige Gees se gawes te koop is!  Genesing, verlossing, profetiese gawes is nie te koop nie!  Hierdie boodskap is nie vir enigeen nie.  As jy Pappa God se stem een tot een met jou hoor praat, dan is dit vir jou.  Indien nie, waarsku dan die ander wie die profetieseskole promoveer soos Pam Clark, Andrew Strom en Craig Martin.  Hierdie is slegs 3 tog is die satan se jongste leuen : jy is nie ‘n profeet as jy nie na ‘n profete se skool toe gaan nie.  God se gawes is nie te koop nie.

* * * * * * *

MY Geliefde, hoor MY duidelik deur hierdie Diensmaagd van MY.   As jy dit eenmaal gehoor het, sal EK dit weer sê, “EK ROEP NIE DIE GEKWALIFISEERDES NIE, EK KWALIFISEER DIE WAT GEROEP IS!”  Jy was bevorder en nogtans handel jy asof EK jou demoveer.   Jy hoor MY stem en nogtans hou jy aan om te toets wat jy weet waar is.  Onthou jy word verantwoordelik gehou vir wat jy weet.  EK vertel nie my geheime aan jou net om dit te weet nie, maar vir jou om die geheime kennis wat EK vir jou gee met hulle te deel wie EK jou sê om mee te deel.  Dit is nie jou verantwoordelikheid of hierdie boodskappe geglo word nie, jou verantwoordelikheid is slegs om die boodskappe af te lewer.  Of hierdie boodskap geglo word hang af van die hoorder van die boodskap.  Jy moet die dader van die boodskap wees en aflewer wat EK jou sê en dit nie redigeer of op enige wyse versag nie.  Is jy banger om MY aanstoot te gee of die mense na wie toe EK jou stuur?

EK neem jou na ‘n hoër salwing en EK het hierdie woorde aan hierdie Diensmaagd gegee om vir jou te gee.  EK  bevorder jou tot die HOOF VAN DIE KLAS!  Wie is jy om te sê jy verdien nie so ‘n posisie nie?  Wie is jy om te sê jy is nie gekwalifiseerd nie?  Is EK nie die POTTEBAKKER nie en is jy nie die KLEI nie?  Het EK nie die reg om jou te vorm en jou te gebruik op ‘n manier wat EK verkies nie?  EK het jou lief en EK ken jou en EK weet wat EK binne in jou geplaas het toe EK jou gered het,  toe EK jou geskape het en toe EK jou geroep en jou gekies het.  Gee jy meer om oor jou reputasie en wat die mens van jou dink of wat EK, die Skepper van ALLES , van jou dink?

EK vra jou nie om iets te doen wat EK nie MY ander Apostels en Profete gevra het om te doen nie, en dit is om MY TE GEHOORSAAM en MY WIL TE SOEK, en EK sal jou lei en onderrig en jou nooit begewe nie en EK rus MY Soldate toe voordat EK hulle in die voorste linies van die geveg stuur.  Julle gaan nooit alleen of met leë hande of naak in ‘n geveg in nie, EK is daar.  Trek die Volle Wapenrusting van GOD aan en trek MY swaard, nie joune nie.  Neem MY Skild van geloof en doof die vurige pyle uit wat op jou gemik word.  Pasop vir die Judasse wat na julle toe kom in die gedaante van skape en inderdaad roofgierige wolwe is.  Bid vir ‘n groter gawe van onderskeiding en moet nooit dink jy het genoeg van daardie gawe nie, want geen mens kan ooit sê dat hy altyd die gesig van satan herken nie.  Pasop want die duiwel ken MY planne vir jou en hy weet waar jy swak is en waar jy sterk is.

My ware Apostels en Profete het nie ‘n Profete skool nodig nie.  Hulle word geskool in die skool van harde stampe terwyl hulle oor en oor neergeslaan word in die vlees, maar wanneer hulle opstaan is dit met ‘n groter salwing en is dit nie langer die vlees wat opstaan nie, maar die RUACH ha KODESH wat opstaan.  ‘n Profete skool kan nie onderrig wat slegs die RUACH ha KODESH van leer nie.  Watter prys kan op so ‘n gawe geplaas word, wat EK aan MY Apostels en Profete skenk?  Wie durf dit waag hoe om te onderrig hoe om te Profeteer?  Ellende wag op hierdie valse vleeslike onderwysers van leuens slegs om hulle sakke met goud en silwer te vul.

Moenie mislei word wanneer die wolwe regters opstel wat leuens spreek en valse apostels en profete aanmoedig wat nie van MY RUACH ha KODESH is of na die WARE RUACH ha KODESH luister nie.  Die selfverklaarde regter wat MY Ware Apostels en Profete oordeel,  ontmoedig hulle en moedig diegene aan wat in die vlees beweeg en nie in MY RUACH ha KODESH nie.  Die profete skole jaag MY Ware Profete en Apostels weg en intimideer hulle, maar hulle is opgelei ongeag of hulle na hierdie selfverklaarde regter van MY Apostels en Profete luister of hulle luister na die Regter van die Ganse Skepping, die groot GOD ‘EK IS’!  Moenie julle geld vermors met sulke gekheid nie want hierdie skole onderrig die vlees en hoor nie eers MY RUACH ha KODESH nie.  Harde woode maar WAAR!  Hulle praat slegs van seëninge en waarsku teen bestraffing.  Ja, EK vermaan deur MY Apostels en Profete, maar EK gebruik hulle ook om te BESTRAF, en stuur waarskuwings van BEROU, en JA EK stuur MY seëninge, maar EK stuur ook MY vloeke na hulle wat ongehoorsaam is, EK stuur MY Apostels en Profete om te praat voordat EK Oordeel stuur.

Dit is hoekom MY Ware Apostels en Profete gesus word in ‘n diep slaap of  geïntimideerd of bang is om die vlees aanstoot te gee, dis is hoekom EK hierdie Diensmaagd stuur om MY Ware Apostels en Profete WAKKER TE MAAK en om die wolwe in skaapsklere BLOOT TE STEL wat soek om MY Apostels en Profete stil te maak op enige manier wat hulle kan.  Hulle maak dat Apostels en Profete dink omdat hulle nie aan ‘n sekere groep behoort of na die skool gaan om te profeteer nie, of as hulle nie in behoorlike grammatika spreek nie, dan durf hulle nie praat nie en is hulle nie geroep nie.  EK roep die gekwalifiseerdes en die ongekwalifiseerdes om MY Woorde in alle tale voort te spreek en EK gebruik alle ouderdomme.

Enigeen wat MY Woorde hoor en aanneem sal hoor wat EK wil hê hulle moet hoor.  Sekere woorde sal dubbele betekenisse hê, net soos die Bybel doen. Wanneer julle meer as eenmaal lees en oor dit mediteer, sal julle iets by MY RUACH ha KODESH hoor wat julle nie voorheen gehoor of gesien het nie.  EK raak siek as MY Profetiese boodskappe geredigeer word om korrek te klink volgens vleeslike opvoeding.  Wie kan sê wat is behoorlike grammatika?  Praat alle Apostels en Profete slegs een taal, is hulle almal dieselfde ouderdom of ras of geslag?  Is almal van dieselfde nasie, Nee, EK praat selfs uit die mond van babas.  Hou op om ‘EK IS’ in te PERK.  Hou op om te probeer sê wat EK sal doen en wat ‘EK IS’ nie sal doen nie.  EK doen wat die mensdom die minste verwag.  Geen man of vrou kan regtig die gedagte van ‘EK IS’ ken nie.

Wanneer EK vir MY kinders sê waar om te loop, loop julle, wanneer EK vir julle sê waar om te hardloop, hardloop julle.  Wanneer EK vir julle sê wat om te spreek, praat julle.  Wanneer EK vir julle sê om stil te bly, bly julle stil.  Wanneer EK vir julle sê om stil te staan, moenie beweeg nie.  Wanneer julle nie weet wat om te doen nie, doen niks totdat julle vrede het dat ‘EK Is’ gespreek het nie.  Wanneer die vyand jou aan jou verlede herinner, herinner die duiwel aan sy toekoms.  Wanneer die gees van veroordeling jou aanval, onthou dit is nie EK wat jou veroordeel nie, so wie is jy om jouself of enigeen toe te laat om jou te veroordeel?  Jy sondes is so  ver weg soos die ooste is van die weste.

Visualiseer ‘n visvangplek en besef net jy en die duiwel gaan vang daar visvang vir sondes van die verlede wat EK lank gelede weggewas het met MY Gestorte Bloed op  Golgota.  Julle moet ‘n VISVANG VERBODE bordjie daar opstel en moenie langer daar gaan VISVANG nie, moet ook niemand anders toelaat om daar te gaan visvang nie.  EK het die prys betaal.  Moenie die duiwel toelaat om julle aan ‘n verlede te herinner wat nie langer bestaan nie.  Die oue het verbygegaan en het nuut geword.  Kom  EK vra julle dit, “Was jy klere wat reeds skoon is, weer ‘n keer?”  Hou dan op om MY te herinner aan wat MY SEUN YAHUSHUA weggewas het.

Jy is gekwalifiseerd vir die nuwe posisie waarvoor EK jou geroep en gesalf het.  As jy dit betwyfel dan sê jy die GOD wat jy dien, maak foute en jy weet meer as wat “EK IS” weet.  Is dit wat jy sê?  Gaan die klei vir hierdie POTTEBAKKER vertel hoe om hierdie kruik te vorm en te gebruik?  EK het jou gesalf vir ‘n tyd soos hierdie.  Die tyd om te deel wat EK jou gegee het om te deel, is korter as wat julle dink.  Al die deure is nou oop as julle maar net die seëninge wil aanskou wat EK vir julle gereserveer het en aanvaar wat EK vir julle gee.

Onthou Elija van Ouds  was nie die een wie in ware nood verkeer het nie, want hy het die weduwee meer geseën as wat sy hom geseën het .  Elijah het nooit regtig tekort gehad nie, want hoe kan iemand wat so gesalf was, enigiets kortgekom het?  Hoe kan julle tekort  hê aan enigiets goeds  terwyl julle geseënd is met meer salwing en gawes as wat julle ooit besef?  Bestudeer en lees die skrifte sorgvuldig wat EK vir  MY “Nuwe Elijah” gesê het om vir jou te gee.  Omdat jy haar geseën het, is sy nou aangesê om hierdie seëninge aan jou te vertel.  Kan julle nog nie mekaar onderskei nie?  Julle twee is meer eners as wat albei van julle weet.

EK het gekies om beide van julle voor te stel vir MY doel en daar is geen toevallige ontmoetings nie, julle weë is nie altyd MY weë nie, maar MY weë is altyd vir julle ten goede, en EK sal geen goeie ding van enige van julle weerhou nie.  Beide van julle staan voor MY en beide van julle het probeer om vir die Meester Pottebakker te vertel hoe om julle te vorm en hoe om julle te gebruik en albei van julle het gesê’ “ek is nie waardig genoeg vir so ‘n taak nie”.

Maar EK sê vir beide van julle, “Natuurlik is julle nie uit julle self waardig nie.”  EK kies nie kruike wat spog oor hul bruikbaarheid of groot  waarde of skoonheid nie.  Ook kies EK nie diegene wie hulleself hoër ag as wat hulle moet nie, ook nie die kruike wie dink hulle doen MY ‘n guns om op so ‘n wyse gebruik te word nie.  EK kies kruike wie weet uit hulself kan hulle niks doen en niks van waarde praat tensy dit onder die salwing van die RUACH ha KODESH is nie.  EK kies jou nie omdat jy besluit om jouself te bevorder en dink jy is beter as iemand anders nie.  EK kies jou omdat jy weet jy is nie die beste nie en jou rykdom, of gebrek daaraan, beïndruk MY nie, ook nie wat jy het of nie het nie.  Die enigste ding wat MY beïndruk is die feit dat jy weet met GOD is alle dinge moontlik en EK kies MY Apostels en Profete uit hulle wie die mins waarskynlikste in die oë van die wêreld is om gekies te word.  EK kies die mins waarskynlikste om diegene wat dink hulle is wys,  te beskaam.

Bestudeer en Mediteer op die onderstaande geskrifte en jy sal weet of hierdie woord van kennis vir jou bedoel is.  MY Skape ken “EK IS’, die enigste Goeie Herder se stem want watter kind ken nie die stem van sy Vader nie?  As jy nie MY stem in hierdie boodskap hoor nie, is dit nie vir jou nie, maar kopieër dit want wanneer die tyd kom, sal jy daaraan herinner word om dit aan ‘n ander persoon te stuur.  Dit is ‘n ‘een-tot-een’ woord, alhoewel dit oorspronklik aan ‘n ander gegee is en is nie bedoel vir slegs een man, vrou of kind nie.
 
Jeremia 1

Roeping van  die Profeet

4 Toe het die woord van die Here tot my gekom wat sê:

5 EK het jou geken voordat EK jou in die moederskoot gevorm het; voordat jy gebore was het  EK jou geheilig; EK het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.

6 Toe het ek gesê: Ag Here GOD! Voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk.

7 Maar die Here het vir my gesê: Moenie sê, ek is jonk nie, want  jy moet gaan na wie EK jou ook al stuur, en wat  EK jou ook al beveel, moet jy spreek.  Moenie bangwees vir hulle nie, want EK Is met jou om jou uit te red,” spreek die Here.

 9 Toe het die Here sy Hand uitgestrek en my mond aangeraak; en die Here het vir my gesê: Voorwaar, EK het My woorde in jou mond gelê.  Kyk, EK  stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en neer te gooi, om te bou en te plant.”

11 Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia?  En ek het gesê: Ek sien ‘n amandeltak.

12 Toe het die Here vir my gesê, Jy het goed gesien, want EK is gereed om My woord te volbring.

Jesaja 64

8 Maar nou, O Here, U is ons Vader; ons is die klei en U is ons Pottebakker; en ons almal is die werk van U hand.

Jeremia 18

3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker  en hy was juis besig om iets op die wiel te maak.  En die voorwerp wat hy van klei gemaak het, het misluk – soos dit gaan met klei in  die hand van die pottebakker, maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.


* * * * * * * *

 

Wel, ek bid dat ek gebruik was om ‘n seën vir jou te wees en sal jy asseblief vir my laat weet as hierdie woord op enige wyse vir jou tot getuienis was?  Ek is slegs die boodskapper, so moet asseblief nie hierdie boodskapper stenig nie, maar as jy wel klippe na my gooi, onthou dit sal net wegskram van my af en op my Pappa GOD, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH  val, want dit is wie hierdie boodskap uitspreek, ek het niks om te wen deur dit te doen nie, behalwe om te weet dat ek my Pappa GOD gehoorsaam.

 

Ek sal dit werklik as ‘n voorreg beskou om saam met iemand soos jy te bid, want GOD self het jou bekragtig deur hierdie woord as jy PAPPA GOD se stem hoor wat ‘een-tot-een’ met jou praat. 
 

Ek het onlangs opgemerk dat wanneer die RUACH ha KODESH ‘n woord spreek, dit voorkom  of dit vir meer as een persoon is, alhoewel dit oorspronklik vir een persoon bedoel is, wat jy is, Chris.  Laat weet my asseblief of ek dit aan die res van die Apostels en Profete moet vrystel.  Lees dit asseblief meer as eenkeer, ek weet ek sal ook.  Hier is baie vleis en laat weet my asseblief of dit enige getuienis vir jou is.  Vir die van julle wat deur satan mislei was en die Ware Apostels en Profete stilgemaak het, en JA, vrouens is ook Apostels!  Die RUACH ha KODESH is nie ‘n aannemer van geslag nie net gewillige voorwerpe wie dapper uitpraat van die RUACH ha KODESH en nie in ‘n skamerige stemmetjie in die vlees banger is om mense aanstoot te gee, meer as die begeerte om hulle te verlig terwille van hulle siele nie.
 

Ek het gewag om hierdie woord vry te stel omdat die een vir wie dit oorspronklik bedoel was, nie die e-pos ontvang het wat ek gestuur het nie, miskien reis hy iewers buite die distrik.  Bid asseblief dat hierdie man die boodskap sal ontvang en in ‘n gees van liefde voor valentynsdag sal terug antwoord en nie aanstoot neem nie.  Chris, jy is die een wat hierdie salwing in my opgeroer het, net omdat ek daagliks vir jou bid.  Jy sê jy is meer as bevoeg om my intersessor te wees en jy is die man wie GOD gebruik het om verskeie kere vir my bemoedigende profetiese boodskappe te bring, toe ek dit die meeste nodig gehad het.  Dit blyk of so min van die Apostels en Profete wie gebruik word om ander op hierdie wyse te seën, die tyd neem om ‘n woord vir ons te soek. 

Chris, wanneer jy hierdie lees, onthou die woord was oorspronklik vir jou gespreek.  Maar vergewe my, ek kan nie langer hierdie profetiese woord van kennis terughou nie.  Die uitverkorenes word mislei.  Nota aan my intersessors,’Chris’ is een van die name wat hy in sy korrespondensies gebruik, ek onderskei dit is nie sy regte naam nie, maar ek stel nie sy regte naam vry nie ingeval dit hom aanstoot sal gee.  Ek heg hierdie persoonlike nota aan om hom te wys ek het probeer om hom eerste te bereik met hierdie woord van kennis.  Bid dat as hy in ‘n profete skool betrokke is, soos die een waarvan GOD waarsku, dat hy Pappa GOD sal hoor wat hom waarsku om gou van dit te vlug, of dapper op sal staan en teen die profetiese skole praat wat slegs daarop uit is om die Ware Apostels en Profete stil te maak en hulle sakke met goud en silwer vol te stop.

  Baie Liefde julle Suster in YAHUSHUA

Eerw. Apostel Sherrie Elijah

Gaan na Deel 2