Brief van  Brian, wie sy werk in gevaar gestel het om die waarheid te deel! 

PROFESIE 43, Deel 2

WIE KIES JULLE OM JULLE ‘POTTER’ TE WEES,  VIR MY,  YAHUVEH OF HARRY POTTER!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur  Apostel Sherrie Elijah
15 November  2001

* * * * * * *

Gevaar, Waarskuwing!  Moenie Julle Kinders Vat Om Die Harry Potter Flieks Te Gaan Kyk Nie.  Christen Ouers, Vat Julle Julle Kinders Om Harry Potter Te Gaan Kyk?  Julle Kinders Word Blootgestel aan Afgryslike BOOSHEID in Hierdie Flieks!
 
WAARSKUWING!!!


DIT IS DRINGEND! AS JULLE IEMAND MET KINDERS KEN, LAAT HULLE HIERDIE PROFESIE RAKENDE HARRY POTTER LEES!
Wie is gewillig om buite die teaters te gaan staan en die mense te waarsku! 
Boikot die teaters en borge!

* * * * * * *

WIE KIES JULLE OM JULLE ‘POTTER’ TE WEES, VIR MY, YAHUVEH OF HARRY POTTER?

Kopieër dit asseblief en waarsku ander, moet net nie die konteks verander nie. Apostel Sherrie Elijah.

 

Hierdie profesie het na my gekom nadat ‘n droom aan my gestuur is deur ‘n splinternuwe baba in YAHUSHUA, 16 jaar oud, wie in Singapore woon en wie ek ‘ Truthseeker’ noem.  YAHUSHUA het jou lief, ‘Truthseeker’, en ek ook!  Jou droom het die salwing in my opgeroer.  Mense, hoekom het hierdie nie van iemand in Amerika gekom nie?  Dit lyk of Singapore, Hong Kong, Maleisië luister en tot ‘n groot graad gered word, na aanleiding van die e-posse wat ek ontvang.



Deuternomium 18:10-12

Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan – wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.  Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir YAHUVEH ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf YAHUVEH jou Elohim hulle voor jou uit.

 

Openbaring 21:8

Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerdeers en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.


Eksodus 22:18

Die towerheks mag jy nie laat lewe nie.


Miga 5:11

Verder sal EK uitroei, die towerye uit jou hand, en jy sal geen goëlaars meer hê nie.



Deuternomium 18:14

Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, YAHUVEH jou Elohim het jou nie so iets toegelaat nie.



2 Konings 17:17

En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van YAHUVEH, om Hom te terg.


2 Konings 21:6

...en ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van YUHUVEH om Hom te terg.


Levitikus 18:21

En jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie ......
 

2 Kronieke 33:6

Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van YAHUVEH om Hom te terg.



Mattheus 18:6

Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy neg gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.

 
Lukas 17:1-3

Toe het Hy vir die dissipels gesê, dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.  Dit is beter vir hom as ‘n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat strukel.

 WIE KIIES JULLE OM JULLE ‘POTTER’ TE WEES, VIR MY, YAHUVEH OF HARRY POTTER!

Julle dwase mense, O julle dwase mense!  Hulle wie EK, YAHUSHUA, begeer om MYNE te noem, alhoewel julle julself MYNE noem, hoekom sê julle julle het MY lief en tog gehoorsaam julle MY nie?   Hoe kan julle MY Here noem en tog gehoorsaam julle nie MY Geskrifte nie.  Van wanneer af regeer die kneg die Meester?  Julle hoor nie eers MY stil kleine stemmetjie waneer EK teen  die gevare van towery en demoniese besettings waarsku, wat julle oë sien en julle ore hoor nie.  As gevolg hiervan word julle kinders beset deur die films, boeke en videospeleltjies wat ‘n stewige dieet van okkulte, towery, demonisme, satanisme en shamanisme (bedrog) is.

TOON VANDAG BEROU, draai weg van hierdie euwel.  Instede daarvan, draai julle kinders na MY, YAHUVEH en YAHUSHUA toe.  Ons alleen moet die pottebakker (potter) wees en julle en julle kinders die klei.  Hulle moet in ons beeld gevorm word, nie Harry Potter s’n nie.  Selfs die naam was met ‘n doel gekies, om julle kinders in die beeld van die fiksie karakter van Harry Potter te vorm..

Sê MY Skrifte nie, “Rig ‘n kind op in die weg wat hy sal gaan en wanneer hy oud is sal hy nie daarvan afwyk nie.” Wat is julle besig om te doen, O julle dwase mense?  Julle voed julle kinders op om  ‘warlocks’, ‘shamans’, hekse en sataniste te wees.  Ag wat ‘n prys sal julle betaal wanneer julle eie kinders teen julle draai met bose geeste wat julle sal laat wonder waar het julle kinders heengegaan?  Julle sal na hulle kyk met oë wat wonder, want julle onskuldige babas sal deur enige soort bosegees beset word.

Hoe sal Ek toelaat dat hierdie onskuldiges op hierdie manier skade aan gedoen word, waar hulle siele in gevaar sal wees?  Omdat EK die ouers ‘n keuse gegee het, selfs die heidene weet van beter, want hulle weet dat kinders nie okkultiese magte moet besit nie.  Hulle besef dat towery ‘n sonde is, en tog promoveer julle eie luggolwe dit, selfs aan kinders deur ‘sitcoms’.  Boikot julle die televisiestasies of die adverteerders?  Nee, julle bly stil en waarsku niemand nie.

Sê My Woord nie, “’n Heks moet  in die Hel en die Poel van Vuur gebrand word nie”, want as hulle nie berou nie, hulle sal brand nadat hulle gesterf het. Ag MY dwase mense, dit is die straf wat julle sal betaal.  Hulle sal in die Hel en die Poel van Vuur brand na hulle gesterf het, as hulle nie berou nie.  Ag MY dwase mense!  Dit is die straf wat julle sal betaal deur julle kinders na die Harry Potter fliek te neem, hulle sal beset word.  Hulle sal in rebelsheid teen julle draai, op maniere wat julle nooit van gedroom het nie.  Want dit is julle eie onskuldige kinders wie op julle staatmaak om hulle tussen reg en verkeerd te leer, en tog moedig julle hulle aan om na heksery, shamanisme en demonisme te kyk en te bestudeer, in wat julle as ‘n skadelose fliek beskou of in skadelose boeke vol van humor, en hulle nogtans hierdie boosheid voer, wetende dit is boos en julle lag oor hierdie boosheid.  Hoe kan julle julself ouers noem?

Ouers beskerm MY onskuldige kinders.  Hulle verstand is so buigsaam, en instede daarvan dat die goeie ingeplant word, laat julle hierdie bose Harry Potter toe om boosheid in julle kinders se verstand, liggame, gees, en siele te plant wanneer hulle na hierdie demoniese magte soek en ja, menigtes sál hierdie krag ontvang.  Dit waaroor julle lag, is ‘n werklikheid.  Daar is sommige wat deur demone beset is wat van hierdie bose magte aanneem en die krag is nie net in MY Heilige Woord nie, maar ook die boses weet dat daar krag is in demoniese gesingery en woorde.  Julle sal hierdie woorde en dade in die Harry Potter boeke en flieks vind.

Ouers julle is verantwoordelik om julle kinders met liggaamlike sowel as geestelike voedsel te voed.  Julle voer nie vir julle kinders gif nie, so hoekom sal  julle satan toelaat om julle kinders gif te voer?  Gif vir julle siele, en julle kinders se verstand, liggaam, gees en siel.  Satan spot en lag vir julle ouers, terwyl julle die lepel oplig om julle kinders se siele hierdie boosheid te voer.  Dit is boser as tevore in enige film, of in enige van die kinderboeke.  Daar is op alles ‘n towerkrag geplaas deur hierdie bose goddelose werker van satan, wie trots is op haar onheilige hekse handelinge.  Bose towerkragte is op al haar geskrifte geplaas en die film het bose towerkragte wat enigeen wat daarna kyk,  sal laat dink, ‘sal dit nie wonderlik wees as ek hierdie soort krag het nie?’  Dit maak ‘n mens oop vir die verstandbeheer, verstandmanipulering, verstandverandering, kraghonger, antichrisgees.  Inkomende geeste (walk-in spirits) sal maklik in almal van hulle inkom wat hierdie deur na hul verstand, liggaam, gees en siel oopmaak.

Daar was towerkragte, gesingery (chants) en towerformules/besweringe op hierdie boeke en films geplaas en  alles wat voortspruit uit enigiets wat met Harry Potter te doen het, om ‘n honger na meer kennis oor die okkulte en ‘n honger om te rebeleer te veroorsaak en towerkragte om MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en alles wat Heilig is te bespot en alles te aanvaar wat EK, YAHUVEH onheilig noem.  Om te aanvaar wat MY Heilige Skrifte verbied.  Julle kinders betaal en sal ‘n prys betaal want julle dwase ouers het hierdie euwel in julle huise toegelaat, en hierdie euwel in hulle ore toegelaat en hulle toegelaat om dit met hulle oë te aanskou.  Skaam julle, almal  wat hierdie gruweldade doen en hulleself MYNE noem.  Berou vandag en draai weg van hierdie boosheid of moenie julleself langer MYNE noem nie, want EK sal julle nie eers ken nie.

Wees gewaarsku, verstaan julle nog nie?  Bid en onderskei of hierdie die waarheid is en of dit in lyn is met MY Heilige Skrifte.  As dit nie is nie, moet dan nie na hierdie Apostel se waarskuwings luister wat EK nou deur haar spreek nie.  Om julle kinders aan te moedig om te lees en films te kyk wat die okkulte verheerlik, is ‘n afskuwlikheid vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA.  Luister mooi en leer en onderskei.  Dit is dieselfde as om julle kinders deur die vuur te stuur.  Dit is dieselfde as om julle kinders aan Molek te offer.  Moet dit nie durf waag om te dink julle word MYNE genoem wanneer julle MY Kinders offer nie, nie net deur aborsies nie, maar hulle selfs nou in gevaar te stel deur hulle siele te offer.  Deur hulle siele en geeste oop te maak vir alles wat EK onheilig noem.

Besef julle nog nie dat satan julle kinders se siele wil hê nie?  Satan wil wetteloosheid  en die gees van rebellie, moord, diefstal en ongehoorsaamheid in julle huise bring.  Ag dit kom met verskeie ouderdomme en omgewings van kinders deur net in hierdie bose wêreld te leef, hoeveel meer sal dit wees vir almal van hulle wat hulle kinders toelaat om op hierdie boosheid gevoed te word, en hulleself nogtans Christene of Jode noem.  Selfs hulle wie ‘n heidense god soos Buddah, of Allah aanbid, wees gewaarsku, wanneer EK sê ALLE kinders, beteken dit julle ook..

EK, YAHUVEH het vir julle kinders gegee met ‘n mandaat om julle kleintjies te beskerm.  EK, YAHUVEH het ‘n moederlike instink in die moeders van kinders geplaas om hulle te beskerm, self ten koste van hul eie lewens.  Vaders, EK het dit ook in julle geplaas, om vir julle families te voorsien, hulle te versorg en hulle te beskerm.  Hoe kan julle hierdie gruweldaad in MY oë doen.  Waar is die geestelike leiers wat moet waarsku teen hierdie film en die boeke wat met elke volume net in boosheid toeneem?  Besef julle nie wat satan besig is om te doen en nog tot ‘n groter graad sal doen nie?  Skilder vir julle die prentjie van kinders wat regoor die wêreld, in elke taal demonies besete is, waar selfs die ouers hulle eie kinders sal vrees.  Skilder vir julle self die prentjie waar hierdie kinders en enigeen wat hierdie fliek kyk, besete raak en hulle harte raak kouer en kouer en geloof doof uit soos ‘n gloeiende kool as gevolg van die gees van rebellie wat lag vir alles wat EK verbied het.

Julle ouers wie hierdeur julle kinders se siele ingevaar stel, besef nie eers hoe kwaad julle MY, YAHUVEH en YAHUSHUA gemaak het nie.  Dit is beter as ‘n meulsteen om julle nek gehang word en julle verdrink.  Moenie van MY verwag om julle gebede te verhoor wanneer julle uitroep na MY wanneer julle die kinders besete sien nie.  Het julle na MY geluister toe EK julle met MY RUACHA ha KODESH (Heilige Gees) gewaarsku het?  EK sal julle gebede verhoor tot die graad wat julle na MY geluister het om julle te waarsku om nie julle kinders te laat vermaak word met wat EK julle verbied het om te bestudeer of om deel te neem in die onderwysings van duiwels nie.

Moenie verbaas wees wanneer julle kleintjies die uitspreek van towerkragte begin beoefen nie.  Moenie verbaas wees wanneer julle kleintjies met haat teen julle draai nie. Moenie verbaas wees nie, want julle voer hulle hierdie bose boeke wat alles leer wat teen die enigste GOEIE BOEK is!  Hoeveel van julle ouers koop goedere vir julle kinders en besef nie eers dit is heksery met towerkragte gewortel in satanisme nie en dit veroorsaak dat julle geld spandeer deur dit aan satan en sy werke te gee, elke keer wat julle dit doen nie.  Moenie verbaas wees wanneer die gees van armoede na julle toe kom omdat julle dit doen nie.  Moenie verbaas wees wanneer die kinders begin om mekaar dood te maak en hul eie diere te offer nie.  Moenie verbaas wees wanneer demone hulle intrek in julle kinders neem en julle nie langer ‘n kind het wat die Bybel wil lees of selfs die Naam van die GOD hoor wat julle dien nie; wanneer julle kind alles sal haat wat Heilig is..

EK vertel vir julle dit, EK, YAHUVEH is die ‘POTTER’, julle en julle kinders moet MY Klei wees.  EK, YAHUVEH moet julle vorm, NIE Harry Potter nie!  Die groeisel wat hierdie bose ‘potter’ (pottebakker) in julle verstande en in díe van julle kinders wil inplant dat die uitspreek van towerkragte skadeloos is en om ander te beheer en te manipuleer is die ding om te doen, pasop, want julle kinders, regoor die wêreld en in elke taal sal besete raak, en as julle dit nie nou dadelik sien nie, moenie verbaas wees nie, want sommige demoniese besettings sal nie dadelik opgemerk word nie, want die demone sal sluimerend lê in afwagting.  Besef julle hoe baie siele sal aan satan geoffer word asgevolg van hierdie bose film en al die boeke wat julle julle kinders voer?  Besef julle dit is ‘n werklikheid en hulle wie die swartkunste, ‘shamanisme’ en satanisme beoefen, lag nie vir die film en die boeke nie, hulle lag vir almal wie dit nie ernstig opneem nie.

Verbied julle kinders om na hierdie film toe geneem te word, of om die boeke te lees.  As julle die boeke in die huis of in julle kleinkinders se huise het, bid oor die boeke, verdryf die vloeke van die boeke af, pleit die Bloed van YAHUSHUA oor die boeke, vra MY vergifnis as julle gesondig en dit op enige wyse aangemoedig het.  Kom na MY toe in die NAAM van YAHUSHUA en VERBRAND DAARDIE BOEKE!  Boikot die skole wat toelaat dat dit deel is van die kurrikulum.

Kry die onderwysers afgedank as hulle daarop aandring om julle kinders heksery te leer.  Verbied hulle om julle kinders langer hierdie euwel te voer.  Die onderwysers sal dit berou.  Die skole wat hierin deelneem sal dit berou, want hulle dink hulle het nou probleme met die studente, wag maar totdat die kinders dit wat hulle in die Harry Potter fliek en boeke sien, gebruik om op die onderwysers en ouers te eksperimenteer.  Satan sal aan julle kinders die okkultiese magte gee om skade te berokken.  Julle eie kinders sal julle ergste vyande word.

BEROU vandag!  Draai weg van hierdie euwel.  Draai julle kinders instede daarvan, na MY, YAHUVEH en YAHUSHUA.  Ons alleen moet die ‘potter’ van julle en julle kinders se klei wees.  Hulle moet in ons beeld beskade word, nie Harry Potter s’n nie.  Selfs die naam was met ‘n doel gekies, om julle kinders in die beeld van die fiksie karakter van Harry Potter te vorm.  Demoniese geeste lê en wag en kyk om te sien wie hulleself wil oopstel vir demoniese besettings deur die hekke van hierdie film en die boeke.  Daar is geen goeie kennis te verkry deur die boeke of film nie, so hoekom stel julle MY kosbare kleintjies in gevaar?  Demone stap in julle kinders in.  Kinders sal in die teaters instap, maar dit sal nie julle kinders wees wat uitstap nie

Julle is gewaarsku!  Julle sal dit nie dadelik opmerk nie, sommige sal en sommige ouers sal nie, maar EK sê vir julle, julle kinders sal bietjie vir bietjie oorgeneem word, hoe meer hulle op hierdie verslawing gevoed word wat in die wêreld rondgaan,  nie deur ‘n dwelm of seks nie maar deur die voedingswaansin van lering en studering en beoefening van die swartkunste van die okkult. Die wêreld word opgestel sodat die antichrissisteem meer geredelik aanvaar sal word.  Onthou die antichris sal die dinge doen wat julle kinders in die Harry Potter boeke en films lees, en self meer.

Ouers wat hulself MYNE noem en nie berou en ander waarsku nie, weet dit:  asgevolg van julle rebellie, sal EK, YAHUVEH ‘n dowe oor draai wanneer julle bid en durf dit waag om na MY te kyk nadat EK julle gewaarsku het en wanneer julle by MY kom huil, sal EK sê, “Julle was gewaarsku” en nou sal julle op MY woede gevoed word en julle sal nie van die smaak daarvan hou nie.  Die ganse Hemel kyk en julle is omring met ‘n wolk van getuies.  Hoeveel sal ná hierdie waarskuwing genoeg omgee en ander waarsku?  Julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet.  Moenie sê julle het nie geweet nie, want selfs voordat EK deur hierdie Apostel van MY gespreek het, weet julle dat EK julle opdrag gegee het om julle kinders te beskerm en hoe kan julle sê dit is beskerming van julle kinders.  Amerika, waar is jou berou teenoor MY?  Hoekom  hou jy aan om oordele op jou hoof op te gaar?  Ek hoor  gebede opgaan in YAHUSHUA se NAAM, maar waar is die wegdraai van sonde?

Engeland, jy het oordele uit die Hemel oor jouself gebring.  Berou, want hierdie boosheid kom van jou eie land.  Engeland, jy het niks gedoen om dit te keer nie.  Hoekom?  Hoe kan MY Geestelike leiers stil bly?  Hoekom plaas die kerke nie waarskuwings in die koerante en op die luggolwe nie?  Hoekom boikot MY Kinders nie elke winkel en produk wat hierdie heksery en demoniese besettings promoveer nie?  Hoekom protesteer die ouers nie en weier om die skole toe te laat om julle kinders te voer wat julle nie julle kinders gevoer het nie?

Pasop, hoe meer konstant die dieet van hierdie euwel; hoe meer duidelik sal die demoniese besettings wees.  Ouers, is dit regtig julle kinders se siele werd?  Almal wat op hierdie dieet van die okkulte voed, is dit julle siele werd?   Gaan weg van MY af, julle werkers van ongeregtigheid, EK, YAHUVEH en YAHUSHUA wil julle nie ken as julle nie berou en terugdraai na Heiligheid en bely omdat julle stilbly nie.  Waar is MY ander Apostels en Profete wat die shofarhoring moes blaas om te waarsku teen die gevaar van die verstand, liggaam, gees en siel, vir almal wat hierdie film kyk en die boeke lees.  Julle is gewaarsku!  Nou is dit julle keuse.

Wie kies julle om julle ‘potter’ te wees? Vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA, of Harry Potter!  Daardie film en boeke sal julle en julle kinders slegs vorm in al wat onheilig is.  Is dit julle keuse?  Moenie sê EK het nie MY Apostels en Profete gestuur om te waarsku voordat EK my oordeel stuur nie.  Selfs die grond skud in vrees oor die woede van MY, YAHUVEH.  Hoeveel meer moet julle, wie beveel was om julle eie saligheid met vrees en bewing uit te werk nie.  EK  vermaan julle nou, en vertel vir julle die bloed van die kinders oor die hele wêreld sal aan julle hande wees, want julle het hulle nie gewaarsku nie.

Die bloed van die ongebore babas wat geaborteer, gemartel, in medisinale eksperimente, in kosmetiek en geoffer word weens selfsugtige redes, is aan julle hande.  Daar is geen goeie rede om onskuldige babas te vermoor nie.  Almal wat dit doen, sal op die Oordeelsdag aan MY verantwoording doen, as hulle nie bely en ander waarsku nie.  Nou het julle ‘n nuwe bloed van die kinders aan julle hande, net omdat julle weier om ander te waarsku om nie julle kinders te voed met die okkulte as voedsel vir julle verstand, liggaam, gees en siel nie.

Harry Potter wil julle kinders vorm in hekse, ‘warlocks’ en sataniste, en spreek towerspreke wat julle vreesbevange sal maak.  Huise sal beset word met elke tipe bose gees.  Pleit die Bloed van YAHUSHUA self oor die advertensies en praat selfs teen die televisie wat julle kinders in gevaar stel met die advertensies wat demoniese geeste vrystel.  Praat teen julle radiostasies.  Boikot hulle wat weier om te luister.  Slaan hulle waar dit seermaak, hulle bankrekeninge.  Praat teen die skole wat hierdie promoveer.  Veg gteen die gees van die antichris, voor dit te laat is.

Vra julleself af, sal julle publieke skool die tyd neem om die Heilige Skrifte in ‘n klaskamer te lees?  Sal julle publieke skole julle kinders vat om ‘n passiespel oor die lewe van YAHUSHUA te kyk?  Nou hoekom laat julle satan toe om julle kinders te leer?  Haal hulle uit die nes van die antchris voor dit te laat is.  Die wêreld se kinders word nou voorberei, net so seker as wat hare voorberei word, daarom die naam ‘Harry Potter’.  Hierdie wil sal wêreldwyd vertoon word en tog moet dit nie ontvang word as die soort voorbereiding wat julle wil hê julle kinders moet kry nie, self ook nie julleself nie.

Daar is baie beplanning deur die sataniste om die verstande, geeste en siele van julle en julle kinders oor te neem, deur die instrumente te gebruik wat hierdie euwel promoveer.  Wat gaan julle daaromtrent doen?  Dit is julle keuse, want EK sal niemand help wat die vermoë en kennis het om te waarsku, en nogtans hulle kinders of ander se kinders in gevaar stel, deur stil te bly nie.  Die ‘walk-in’ geeste lê in afwagting op julle kinders, sowel as julle self.

Wat is die prys van jou siel?  Wat is die prys van julle kinders se siele?  EK, YAHUVEH het vir MY Dogter Sherrie gesê om julle te waarsku.  Hoe baie sal luister?  Waarsku selfs die heidene of die bloed sal aan julle hande wees.  Daar is diegene wat die kennis het om te weet hoe om boikotte bymekaar te roep.  Moenie langer stilbly nie of die bloed is aan julle hande.  Hierdie is slegs een erdekruik wat EK gevorm het om hierdie waarskuwings uit te spreek, wat gaan julle nou doen om haar te help om hierdie boodskap by die menige mense te kry?

*******

So is dit geskrywe, so is dit gespreek op 15/11/01 om 4:25 nm. In YAHUVEH en YAHUSHUA se diens, Apostel Sherrie Elijah.

Gaan na Deel 1