Profesie 108

 

EK, YAHUVEH Sal Binnekort die Gees van

Vernietiging Op die Aarde Loslaat!

 

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH

Deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah

(Elisheva Eliyahu)

9 Maart 2009

n Woord vir Purim 2009



Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.


EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)



In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg voor elke Profesie:


2 Kronieke 36:16

maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”


(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

 

* * * * * * * *

 

Nadat ek die Boek van Ester gelees het en toe in gebed voor die Troon van YAHUVEH saam met my geliefde suster, gegaan het, het ek vir YAHUVEH gevra of HY’n Woord het wat HY graag op hierdie Purim wou spreek. Dit is die Woord wat gespreek was.

 

Audioband:

 

Elisabeth (Elisheva): Ek hoor HOM net aanhoudend sê, EK sal praat MY dogter, maar dit is nog nie nou die tyd nie.

 

EK, YAHUVEH Sal Binnekort die Gees van

Vernietiging Op die Aarde Loslaat!

 

Want die Woorde wat EK sal spreek, sal van VUUR wees. Weet net dat julle wel voor MY skitter, almal wie in MY heiligheid en MY waarheid wandel, wie waarlik weet wat Purim verteenwoordig, waaroor dit gaan. Weet net dit, julle skitter voor MY, julle dra die fynste kledingstukke want daar kan geen fyner kledingstuk wees as die Kleed van Geregtigheid wat MY Seun YAHUSHUA om julle plaas nie. Weet net dit, soos die vyande die vernietiging van die heiliges beplan, so weet EK ook hoe EK die onheiliges sal vernietig.

Dit is nog nie nou die tyd om Woorde van VUUR uit te spreek nie, MY dogter. Wees geduldig. EK gee net hierdie paar woorde van bemoediging vir jou. Dat EK, julle ABBA YAHUVEH verheug is. EK is verheug met MY geestelike Israel, hulle wie in die voetspore loop wat EK vir hulle as Heilig georden het, hulle wie se ore ingestel is op elke woord wat EK spreek. MY Kinders, MY Babas, MY Bruid, MY Uitverkorenes en MY uitverkose, julle wie nie trots is op wie julle is of wat julle bereik het nie, maar julle trots is in wat EK, YAHUVEH doen, wat EK, YAHUVEH deur MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH bereik het.

Hou net aan om te bid soos wat EK vir Mordegai die onderskeiding gegee het om te weet waar die vyande is en watter planne hulle gemaak het om die heiliges te vernietig. Bid vir onderskeiding dat EK altyd vir julle sal wys waar die vyand wegkruip selfs al is dit tussen julle. Weet net dit, enigeen wat soek om die leierskap van hierdie bediening en hulle wat deel is van hierdie bediening, te infiltreer en te verraai, hulle wat beplan om hierdie bediening te vernietig, hulle wat leuens vertel op hierdie bediening, EK sal hulle met MY eie hand vernietig, spreek YAHUVEH, net so seker soos wat EK vir Haman en sy 10 seuns vernietig het en almal wat teen diegene opgestaan het wat EK eerstehands geordineer het om veilig te hou. Julle sien in hierdie eindtye weet EK alreeds, maak nie saak wat die vyand doen nie, EK het alreeds vooruit bepaal wie EK veilig in die palm van MY hand sal hou waar geen mens hulle kan uitruk nie. Net soos in die ou dae toe EK alreeds vooruit bepaal het dat EK vir Mordegai en Ester veilig sou bewaar.

Niks het verander nie, maar wees gereed Elisabeth [Elisheva] want nog ‘n woord sal binnekort uitkom en dit sal vol van MY VUUR wees, maar weereens, dit is nie nou die tyd om dit vry te stel te nie. Weet net dit, EK, YAHUVEH, sal nooit verskoning vra vir wat EK aan Sodom en Gomorra en die ander stede wat hulle voorbeeld gevolg het, gedoen het nie en EK, YAHUVEH belowe dit, EK is op die punt om die gees van vernietiging op hierdie aarde los te laat en EK is op die punt om dinge toe te laat om plaas te vind soos wat dit nog nooit tevore plaasgevind het nie.

Maar weet dit, EK vertel dit nie vir julle om julle bang te maak nie, maar om julle weer te verseker, hulle wat waarlik aan YAHUSHUA behoort, hulle wat bedek is met MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH se gestorte Bloed, wat waarlik hulle wil en hulle lewens aan HOM oorgegee het en daarna strewe om elke opdrag vanuit die Hemel te gehoorsaam, EK gaan julle veilig bewaar. Hou net vas aan julle geloof want satan wil julle geloof hê, meer as wat hy julle lewens wil hê. So, hou styf vas aan julle geloof en kyk wat EK met die vyand doen. Kyk wat EK met hulle doen wat alles wat heilig is, wil vernietig. Kyk wat EK, YAHUVEH sal doen, want hulle lot sal baie erger wees as Haman en sy 10 seuns se lot.

Lewe elke dag julle lewe en sê, “Hoe kan ek U meer behaag, ABBA YAHUVEH? Hoe kan ek U meer behaag, YAHUSHUA my MASHIACH? Hoe kan ek U meer behaag, kosbare RUACH ha KODESH, my IMMAYAH, my MOEDER WYSHEID?” En julle MOEDER WYSHEID sal julle die wysheid gee om hierdie antwoord te weet.

Ag, hoe lief het EK julle. EK weet wie MYNE is. EK ken die name van hulle wie MYNE sal wees, wanneer hulle uiteindelikk hulle wil aan MY oorgee en die Gestorte Bloed van YAHUSHUA aanvaar om hul sondes weg te was. Maar hulle weet dit is nie genoeg nie, hulle weet hulle moet wegdraai van die bose. EK weet wie julle is.

Hierdie is die woorde van bemoediging wat EK op hierdie Purim dag van 2009 vir julle te sê het. Dit maak nie saak nie, MY kinders, moenie julleself verknies of dit hierdie dag of daardie dag is nie, want die mens het tye verander, maar EK ken julle hart. Dit vereer MY dat julle MY troon soos ‘n Ester genader het en EK hou MY Septer uit en SY Naam is YAHUSHUA, MY eniggebore Seun en EK ontvang julle en julle aanbidding en julle lof het soos ‘n soet geur na MY toe gekom. So hou aan om vir MY te skitter te midde van hierdie aardse mishoop, EK kyk uit die hemel en EK sien julle skitter en EK word geëer.

Einde van woord

(DRINGENDE WAARSKUWING: Die sprankel wat YAHUVEH sien is NIE die sprankel van die valse goudstof waarvan YAH in Profesie 32 gewaarsku het nie - Pasop vir Goudkoors Herleweing! Lees asb weer hierdie Profesie en waarsku die mense!)

Hierdie is die sprankel waarvan YAHUVEH praat. Hier is sekere uittreksels uit vorige Profesieë waar YAHUVEH gesê het SY Skatte sprankel voor HOM.

Uit Profesie 91 - John Hagee, Jy Is Gedoem, Sê EK, YAHUVEH!

MY Geliefde Kosbaarhede, die min wat EK het wat sprankel soos ‘n duur edelgesteente.... EK kyk vanaf MY Troon in die Hemel en EK sien die uitskeiding (onlasting) van onmenslikheid want dit is hoe satan se kinders vir MY lyk, hope uitskeiding. Die stank reik tot aan die Hemel. Hollywood is niks anders as satan se speelgrond nie en waarlik, die hel hou “Wie is Wie van Hollywood”. Maar julle sien, EK het hierdie klein sprankelende edelgesteentes oral oor die wêreld wat MY herinner, selfs in MY woede en toorn, EK kan hulle sien sprankel, omring deur die uitskeiding oral oor. Maar julle sprankel want, MY kosbare, kosbare, kosbare Geliefde GEES is in julle en julle sprankel.

 Uit Profesie 95 - YAHUSHUA ha MASHIACH Sê, Neem Op Julle Wapen, EK LEWE!

Die tyd is nou so kort. Die lammetjies word oornag skape. EK stort MY Waarheid uit. EK laat hulle opgroei want daar is nie tyd om langer babas te bly nie. EK vereis Heiligheid meer as ooit tevore want boosheid woed oral rond. EK soek die sprankeling van edelgesteentes wanneer EK en MY Vader afkyk op hierdie aarde. Kyk, hulle wat aan MY behoort, hulle sprankel soos die helderste edelgesteentes wanneer MY lig op hulle skyn. Maar waarlik, julle is in en word omring met die uitskeiding van onmenslikheid. En EK soek die sprankel en die edelgesteentes en EK weet net waar hulle is en selfs vanuit die Hemel kan EK die mees kosbaarstes van MY juwele aanskou. Dit is elkeen van julle wie MY eerste in jul lewens en julle liefde plaas, wie daarna strewe om ten alle koste te gehoorsaam. Wat satan bestraf en hom laat verstaan hy sal geen deel aan julle hê nie. Julle is MY kosbare juwele.

Gespreek deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)

9 Maart 2009

As hierdie Profesie vir jou ‘n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.



www.allmightywind.com

www.almightywind.com

* * * * * * *

Print Friendly and PDF