Profesie 64

"SÊ VIR MY KINDERS OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!"

Gegee op 16 Oktober 2002

Elisabeth wat praat:

Dit verbaas my altyd wanneer die HEILIGE GEES iemand sal gebruik om die profetiese salwing in my voort te bring. Vandag was daar aan my gesê om verskeie vennote te bel om te hoor of hulle nie dalk geestelike leiding nodig het nie. Ek het ‘n getroue vennoot van hierdie ministerie gebel, en omdat ek gehoorsaam was, het hierdie nuwe Profesie na vore gekom. Ek sal nie om verskoning vra vir wat YAHUSHUA deur my spreek nie. Ek weet hierdie profetiese boodskap is beledigend vir sommige mense, maar ek bid dat julle sal besef dat ek dit wat in Esegiël 3: 17-21 staan, sal uitvoer.

Ek doen dit omdat ek meer vrees het om YAHUVEH of YAHUSHUA te beledig, as om enige van julle te beledig. Ek doen dit omdat ek julle waarlik lief het en omdat ek vir julle in die Hemel wil ontmoet. Vergewe my asseblief omdat hierdie profesie langer is as gewoonlik, maar ek kan nie die HEILIGE GEES sensor nie. Diegene wat my en hierdie ministerie lief het, ek wil julle ASSEBLIEF vra dat julle vir ons in julle gebede en tydens julle vas tydperk, sal bedek. Stuur asseblief vir ons e-pos en laat ons weet dat julle dit doen. Hierdie profetiese boodskap is bedoel om gedeel te word, veral met julle pastore. Ek beskik ook oor ‘n pastorale lisensie, en as ek nie die waarhede in hierdie boodskap geken het nie, sou ek nie diegene wat hierdie boodskap aanstuur, gestenig het nie. Ek sou eerder dankie gesê het vir daardie persoon. Dit neem ‘n nederige pastoor om te aanvaar dat hy verkeerd was en die Sondag aanbidding weer terug te verander na Vrydagaand of Saterdag oggend of middag.

Terwyl ek besig was om met ‘n Suster in YAHUSHUA, met die naam Carol, te praat, het hierdie profetiese boodskap heel onverwags na vore gekom. YAHUVEH is weer besig om SY mense uit die georganiseerde Babiloniese kerk stelsel te roep. YAHUSHUA sal nie weer kom voordat SY kinders en die Bruid begin om gehoorsaam te wees nie.

O MAGITGE SOLDATE VAN YAHUSHUA, JULLE MOET NOU DAAR UITKOM!

DIE OORDEEL SAL BY DIE HUIS VAN DIE HERE GOD YAHUVEH BEGIN!

Katolieke kerke is deel van die georganiseerde Babiloniese stelsel. Dit is die Katolieke kerk en Constantine wat die mensgemaakte Sabbat, die Sondag gemaak het. As jy nie dink dit is belangrik nie, sê dit dan vir my nadat jy geluister het na hierdie nuutste profesie.

"SÊ VIR MY KINDERS OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!"

Gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah op 16 Oktober 2002

Elisabeth wat praat:

Ek pleit die bloed van YAHUSHUA oor hierdie luggolwe. Vader ek weet nou dat dit so bedoel was dat ek vir Carol moes bel, omdat ek nou weet dat U die profetiese salwing wou laat opwoel binne in my. O Vader GOD YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA. Ons wil net vir U dankie sê en vir U nou prys, terwyl ons nou saamkom in U Naam en in die Naam van YAHUSHUA.

(Begin in Hemelse Tale te bid)

Satan, ons wys jou tereg en bind jou nou weg vanaf ons, in die Naam van YAHUSHUA ha MESSIAS. EK bind nou enige leuenaar en bedrieër van ‘n gees, weg vanaf my, in die Naam van YAHUSHUA. Ek sal slegs die woorde van YAHUVEH en YAHUSHUA voortspreek, my lippe en my tong is bedek in die Naam van YAHUSHUA ha MESSIAS. In die Naam van YAHUSHUA ha MESSIAS bind ek my eie tong, om te verhoed dat ek enige woord van die vlees voortspreek. Carol, die salwing is nou so sterk op my, dat ek skaars in Engels kan praat. Vader, wat is dit wat U wil sê? Wat is dit?

*******

(Begin van die profesie)

"SÊ VIR MY KINDERS OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!"

Vertel hulle MY dogter, vertel hulle. (Praat in Hemelse tale). Die meerderheid van die kerke is Babilonies. Hulle laat MY baba skape en MY lammers honger ly. Die pastore in hierdie kerke is niks anders as boos nie. Hulle spreek MY woorde voort, en tog is daar geen krag daar binne nie. Geen melk, geen vleis, die enigstes wat gevoed word, is die bose skaapwagters wat materialistiese dinge van hierdie wêreld opgaar, en wat aanhou bou aan die geboue wat alreeds gebou is. Hulle vergelyk die syfers met mekaar, terwyl hulle spog, ek het soveel mense in my bediening, en ek het tog soveel mense in my bediening, maar hoeveel is gevul met MY HEILIGE GEES. O MY hart is so bedroef, MY kinders!

SÊ VIR MY KINDERS OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON! Die wat ‘n mensgemaakte Sabbat het. O, so min van hulle is ‘n oorblyfsel in MY kerke!

Hulle sê hulle is MY kerke, maar hulle behoort nie eers aan MY nie. EK het vir MY mense gesê om te VLUG, MY magtige soldate! Is MY RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) dan nie daartoe in staat om in hulle te kom, terwyl hulle by hul huise sit nie? Waarlik, EK sê vir julle, die boosheid het meer boos geword, maar MY salwing groei net sterker in die gelowiges. Daar is demone wat losgelaat is, en waar is die eerste plek waarheen hulle gaan? Hulle maak die kerkbanke vol, en hulle staan agter die preekstoele, agter die verhoog. Hulle staan daar opgepof met trots. Hulle sê, ek het miljoene wat my volg. Hulle spog op die TV, maar EK wil vir julle vertel, MY HEILIGE GEES is nie binne in hulle nie.

HARDLOOP KINDERS! HARDLOOP! HARDLOOP! HARDLOOP! MY oordeel begin by die huis van die HERE. Die kerke wat eens op ‘n tyd aan MY behoort het. EK gee nou die instruksies MY kinders, VLUG! O die kleine kinders gaan na die kerke net om ‘n slukkie van die melk van MY woord te kry. Hulle besef nie dat daar in so baie kerke, iemand agter die preekstoel staan, wat ‘n man of ‘n vrou is wat met satan se gees gevul is nie. Die jong pastore, die leiers wat aanbid, o hoeveel van hulle is vol van die gees van satan.

O EK is bedroef en EK huil vir diegene wat begin het om MY te volg en wat YAHUSHUA ha MESSIAS aanbid, wie uitroep na JESUS CHRISTUS, wie op die regte pad begin het, maar sodra die moeilikheid en die toetsing begin het en hulle meer van MY salwing nodig gehad het, het hulle gedraai na die georganiseerde kerke, waar MY salwing nie gevind word nie. Dit is die salwing wat die verbindings breek en die gevangenes vrystel. Maar hulle sal eerder na georganiseerde kerke draai, hulle sal eerder na ‘n godsdiens draai, hulle soek MY in dooie plekke soos ‘n begrafplaas, dit is wat EK hierdie seminare noem, begrafplase. Maar MY magtigste vegters word nie daar aangetref nie. EK stuur MY magtige vegters om agter die klein lammers aan te gaan, om hulle na MY toe te lei.

So MY kinders, waarsku hulle. Gaan uit en kry MY klein lammers. Waarsku MY skape. Die bose pastore gaan onder MY woede deurloop, diegene wat nie die waarheid preek nie, diegene wat MY skape en MY lammers op die verkeerde paaie lei, diegene wat nie wil waarsku dat EK, YAHUSHUA julle MESSIAS, nie net ‘n GOD van liefde is nie, maar ook ‘n GOD van woede. EK was op ‘n stadium maar net ‘n lam, maar nou kom EK terug as ‘n leeu, vanuit die stam van JUDA. Net soos EK die geldwisselaars geslaan het en hulle tafels omgegooi het, so sal EK dit weer doen. MAAR DIE KERKE SAL NIE BLY STAAN NIE! DIE PASTORE SAL NIE BLY LEEF NIE! EK IS JALOERS OP MY LAMMERS EN MY SKAPE!

VOORDAT DIE KRISTAL KATEDRALE GAAN NEERVAL, DIE WAT MET SILWER EN GOUD GEBOU IS, SAL EK, YAHUSHUA EERS DIE SKAPE EN DIE LAMMERS UITJAAG, die wat MYNE is en gevul is met MY HEILGE GEES, EK sal hulle as MAGTIGE VEGTERS salf en hulle sal die HEKKE VAN DIE HEL IN DIE NAAM VAN YAHUSHUA AFBREEK! HULLE SAL DIE GEVANGENES IN DIE NAAM VAN YAHUSHUA VRYMAAK! HULLE SAL MENSE IN DIE NAAM VAN YAHUSHUA GESOND MAAK!

Daar is slegs een GOEIE HERDER. Enige pastoor wat hulle laat dink dat hy die enigste goeie herder is, EK wil net vir daardie bose herder sê, die een wat probeer om MY mense te beheer, wat vir hulle sê, doen dit op my manier en nie op julle manier nie: EK SAL DIE BOSE HERDERS DOODMAAK! EK SAL DIE HUISE WAT MET HANDE GEMAAK IS, AFBREEK! HUISE WAT MET GOUD EN SILWER GEBOU IS, WAT HULLE GRETIG OPGEGAAR HET! Die afskuwelike tye is met ons, die afskuwelike tye is met jou en hierdie wêreld. Hulle wil net vir hulleself sorg, hulle dink nie daaraan om vir enige iemand anders behalwe hulleself, iets te gee nie. Maar MY ware skaapwagters, diegene vir wie EK die salwing gegee het om MY lammers en MY skape te beskerm. Hulle het die salwing om hulle na MY toe te lei. Hulle het die begeerte om vir MY baba lammers en skape kos en klere te gee.

Hulle het die salwing om lief te hê, en om toe te laat dat die liefde van YAHUSHUA deur hulle vloei. Hulle het lief genoeg om van die hel te waarsku. Hulle het genoeg liefde om te waarsku dat EK ‘n GOD van balans is. Dit is hoe jy sal weet dat MY HEILIGE GEES in ‘n herder is. Hulle pof hulleself nie op met trots nie. Hulle bou nie multi miljoen dollar kerke nie. Jy sal kan onderskei in wie MY HEILIGE GEES woon.

Maar O, in hoeveel van daardie kerke, O in hoeveel van daardie sogenaamde Tempels WORD MY HEILIGE GEES NIE EERS DAARBINNE TOEGELAAT NIE! Die HEILIGE GEES beweeg nie eers daar nie! Elke ware apostel en profeet word uitgeskop! MY HEILIGE GEES WORD GESMOOR! MY profete het selfs permissie nodig om te profeteer.

WEE OOR DIE BOSE HERDERS! WEE OOR JULLE BOSE PASTORE! Julle leer vir MY mense ‘n leuen. Julle wil nie eers vir hulle leer wat die WARE SABBAT is nie. Julle sê vir hulle enige dag sal doen. Maar EK wil vir julle hierdie vraag vra, IS DIT WAT GOED GENOEG IS VIR DIE SKEPPER DAN NIE GOED GENOEG VIR JULLE NIE?

SO, HARDLOOP KLEINE SKAPE, HARDLOOP KLEINE LAMMERS! Die wat vol is van MY SALWING en MY HEILIGE GEES, HARDLOOP WEG VANAF DIE KERKE VAN BABILON SODAT DIT NIE INVAL OP JOU NIE! HARDLOOP WEG VANAF DIE YSBOKSE VAN DIE MOSELEUMS! Sodat EK julle kan vul met MY VUUR VAN DIE RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Die kerke van Babilon sê dat een godsdiens dieselfde is as die ander. Hulle sê dat GOD net liefde is, een wêreld godsdiens is die volgende stap na die anti-Chris!

O dit is waar dat EK ‘n paar kerke het, O maar hoe min van hulle is vol van MY HEILIGE GEES. So min van hulle is vol van MY liefde, so min van hulle preek die waarheid, maar enige kerk op ‘n Sondag, EK praat nou met die mense in daardie kerke, GAAN NA DIE PASTORE EN VERTEL VIR HULLE DIE WAARHEID! HERINNER hulle van die TIEN GEBOOIE wat EK vir julle gegee het. HERINNER HULLE VAN DIE SABBAT WAT OPGESTEL WAS VANAF DIE SKEPPING, TOE EK DIE WÊRELD GEVORM HET. DAARDIE PASTOOR SAL VERANTWOORDELIK GEHOU WORD OF HY WEL DIE WAARHEID AAN DIE GEMEENTE SAL LEER.

YAHUSHUA GAAN OP ‘N SABBAT TERUGKOM! Gaan jy een van die 5 wyse maagde wees, of een van die vyf dwase maagde? EK kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie! Daar is kwalifikasies om MY Bruid te word! O hoe bedroef is EK nie en O hoe huil EK nie oor diegene wat dink dat hulle MYNE is, en tog is die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) nie binne in hulle nie! EK kyk in die kerke van Babilon en EK sien niks anders as opgedroogte bene nie.

EK kyk na een wat op ‘n troon sit, hy dra ‘n septer en ‘n kroon, hy gee sy eie bevele, hy word aanbid deur miljoene mense wêreldwyd en tog is MY HEILIGE GEES nie binne in hom nie, dit is die gees van die anti-Chris wat in hom is. Net soos in die ou tyd, sal die lewens geëis word van die mense wat hom nie aanbid nie, dit sal weer so wees, terwyl hy ‘n ooreenkoms aangaan met satan, terwyl hy ‘n ooreenkoms maak om Israel te neem, daar is geen Christus in hom nie, en selfs die staf wat hy dra, verkondig dit. O, EK huil en ween vir die massas mense wat uitgestrek en aanbiddend voor sy voete lê.

Dit is ‘n Babiloniese geloof, die een wat die ware Sabbat verafsku. MY ware kinders sal hierdie mensgemaakte Sabbat vermy. GAAN NA JULLE PASTORE EN WAARSKU HULLE, as hulle nie wil luister nie moet julle VLUG! Dan sal jy ‘n bewys hê dat die HEILIGE GEES waarlik deur jou spreek. VLUG KINDERS VLUG, VLUG VANAF DIE KERKE VAN BABILON, omdat hulle gaan neerval! DIE KRISTAL KATEDRALE IS ‘N STANK IN MY NEUSHOLTES! Hierdie pastore wat nie eers die waarheid wil praat nie, HOMOSEKSUALITEIT IS ‘N VERAFSKUWING VIR MY! ABORSIE IS MOORD! SEKSUELE OMGANG BUITE DIE HUWELIK IS VERKEERD!

MY ware kinders het ‘n begeerte om MY bly te maak. Wees HEILIG soos EK HEILIG is! Steek MY woorde weg in jou hart. Memoriseer Psalm 91, en plaas MY ter herinnering van MY woord. EK GAAN WAARLIK WEER KOM, en EK kom om MY Bruid weg te neem! Maar is julle lojaal, is julle getrou? EK sal nie ‘n vrou neem wat ongetrou is nie. EK sal nie ‘n vrou neem wat nie lojaal is nie. EK sal nie ‘n vrou neem wat MY nie eerste plaas nie, selfs al beteken dit dat dit haar lewe sal kos. Moenie bekommerd wees oor wat ‘n mens aan jou vlees kan doen nie. Wees eerder bekommerd oor die verwoesting van jou siel, oor die feit dat jy kan hel toe gaan, na die poel van vuur. Dit is waar diegene wat nie getrou is nie, sal gaan. Dit is beter dat jou naam nooit gevind word in die LAM SE BOEK VAN DIE LEWE nie, as wat dit uitgeklad word omdat jy ‘n ongetroue vrou was!

Die wat boos is het meer boos geword, die GODDELIKES het meer GODDELIK geword, hulle het meer kennis as die bose skaapwagters wat in die kerke van sonde sit. SO VLUG MY KINDERS, VLUG VANAF DIE KERKE VAN BABILON! Diegene wat verwerp is, diegene wat uitgegooi is, die wat geïgnoreer was, diegene wat die waarheid spreek en die wat selfs geprofeseer het, en al wat hulle gekry het was die haat en die veragting van die pastore, wat hulle moes verdra. HULLE IS MY WARE MAGTIGE VEGTERS! Dit is hulle, om wie EK MY arms vou! Dit is in hulle, waarin die VUUR VAN DIE RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) helder brand!

Moenie meer bedroef wees nie MY kinders, julle wat uit die kerke van Babilon gegooi is, omdat julle deur satan verwerp is, nie omdat julle verwerp is deur JESUS CHRISTUS julle YAHUSHUA nie! Julle is verwerp deur die gees van die anit-Chris. Wees VERHEUG MY KINDERS, omdat dit nie waarlik sou gebeur het, as MY HEILIGE GEES nie waarlik binne in jou was nie.

Julle is die mense wat MY stem kan hoor. Julle is die mense wat elke tree van MY soek. Julle is die mense wat begeer om HEILIG vir MY te wees. Julle is die mense wat Ek sal gebruik. Julle sal groter werke doen, saam sal julle bymekaar kom, almal wat EK uit die kerke van Babilon uitgeroep het. Die groot afvalligheid het alreeds plaasgevind in die meeste van die georganiseerde kerke, hulle het hulleself soos ‘n hoer verkoop aan iemand wat die hoogste bod ingesit het! So moenie bedroef wees nie MY kinders, wanneer EK julle vertel om te vlug uit die kerke van Babilon, wees eerder verheug MY kinders, omdat julle nie ‘n gebou nodig het om by MY voete te sit nie. EK vertel vir julle die waarheid MY kinders, dit is wanneer julle MY vleis sal eet.

HERINNER JULLE PASTORE VAN DIE "TORAH", EN HERINNER HULLE DAT DIE SABBAT OPGESTEL WAS VANAF DIE SKEPPING, NET SOOS DIT IN GENESIS GESTEL WORD. HERINNER JULLE PASTORE DAT DIE SABBAT EWIGDUREND IS. DIT SAL VORENTOE OOK SO WEES, NET SOOS DIT IN DIE HEILGE SKRIFTE GESTEL IS. EK SAL NIE DIE SABBAT DAG VIR ‘N MENS VERANDER NIE, ALHOEWEL DIT VIR ‘N HEILIGE RUS VIR DIE MENSDOM GEMAAK IS.

DIT IS ‘N HEILIGE DAG WAT APART GESTEL IS, ‘N DAG WAT ‘N GROTER BROEDERSKAP MET MY VOORTBRING, ‘N DAG WAT RESTORASIE BRING, ‘N DAG WAT HEILIG MOET WEES EN APART GESTEL WORD VAN DIE ANDER DAE WAAROP JULLE MY DIEN EN AANBID. EK PLAAS MY SEËL VAN BESKERMING OP MY BABAS, BRUID EN UITVERKORENES, DIE MENSE WAT DIT DOEN TER HERINNERING VAN HULLE SKEPPER, YAHUVEH EN DIE ENIGSTE VERLOSSER, YAHUSHUA.

PASTORE JULLE WORD NOU VERANTWOORDELIK GEHOU VIR DIT WAT JULLE NOU WEET! JULLE MOET BEROU HÊ EN OPHOU OM MY MENSE OP DIE VERKEERDE PAD TE LEI! EK VERGEWE JULLE VIR DIT WAT JULLE NIE VOORHEEN GEWEET HET NIE, MAAR NOU KAN JULLE NIE LANGER VOOR MY STAAN EN SÊ, EK HET NIE GEWEET NIE. EK SAL JULLE PASTORE HERINNER AAN DIE DAG TOE EK MY BABA LAMMERS EN SKAPE NA JULLE TOE GESTUUR HET OM JULLE TE WAARSKU OM VAN DIE WAARHEID TE LEER, SODAT MY KINDERS GEREED SAL WEES OP HULLE TROUDAG.

O MY babas, bruid, uitverkorenes, julle word so mislei deur wolwe wat soos skape lyk! Hulle het tussen julle kuddes ingesluip! Hulle verslind MY lammers, omdat die lammers nie die wolwe met die skaap maskers kan herken nie. Baie van die welbekende Pastore, Evangeliste en priesters is waarlik besig om iemand anders te aanbid, al roep hulle op die naam JESUS. Baie Christene sal hulle name ken. In realiteit is hulle eintlik "33rd degree" messelaars.

Hierdie bose wolwe is besig om satan te dien en te aanbid, waar hulle die lammers en die skape voorberei as ‘n offer, terwyl hulle die HEILIGE SKRIFTE voortlees en dit verdraai om by die beeld van hulle god te pas. Hulle manipuleer die HEILIGE skrifte en maak verskonings vir hulle eie sondes. Wees versigtig, MY skape en MY lammers! Hardloop weg van hierdie Babiloniese pastore en evangeliste, hulle het nie MY HEILIGE GEES binne in hulle nie! Hierdie bose mense het ‘n bloed eed geneem. Alle "33rd degree" messelaars het ‘n bloed eed na satan geneem, waar hulle ‘n alliansie met hom gesweer het en hulle waag dit selfs om die naam van EK IS te gebruik, maar hulle vermy die naam van YAHUVEH en YAHUSHUA, en tog is hulle nie bang om die naam JESUS of CHRISTUS te gebruik nie.

Geliefdes, dit beteken nie dat almal wat die naam JESUS CHRISTUS gebruik en nie MY HEILIGE naam YAHUSHUA nie, nou wolwe of "33rd degree" messelaars is nie.

Menigde van MY kinders regoor die wêreld noem MY HERE JESUS CHRISTUS. MOENIE BANG WEES NIE, wees versekerd, EK weet wie MY kinders is. EK wil julle herinner dat MY HEILIGE SKRIFTE waarsku van die mense wat sal kom en sê, "HERE, HERE het ons nie geprofeseer in u naam nie? Het ons nie duiwels uitgedryf en wonderwerke in u naam gedoen nie? " En EK sal sê, "EK het julle nooit geken nie, gaan weg van MY af, julle werkers van ongeregtigheid." (Mattheus 7:22-23)

Hierdie bose wolwe het die massas om die bos gelei, maar pasop, julle bose pastore wat wêreldwyd op die TV stasies verskyn en op die radiogolwe praat, pasop, EK word nie om die bos gelei nie, EK ken julle werke wat julle beweer dat julle in MY naam doen. Tog doen julle hierdie valse manifestasies onder die okkultiese kragte van satan. Julle sal maai wat julle saai, en dit is die hel en die poel van vuur! Wanneer MY Oordeel val sal dit wees asof ‘n groot vuis julle mensgemaakte tempels plat slaan, dit sal wees asof die tempels ingesluk word in die grond! Soos glas huise wat sal neerval!

Pastore van die nuwe eeu, julle is nie warm of koud nie en EK sal julle uit MY mond uit braak. (Openbaring 3:16) Pasop, EK ken julle werke, julle wil net van die Hemel praat en julle wil nie waarsku of selfs glo dat daar ernstige gevolge vir sonde is nie. Die gevolge is die Hel en die poel van vuur. Julle bose pastore wat mense op die verkeerde pad lei, julle is bang om van die Hel en van die poel van vuur te leer, omdat julle weet dat dit julle volgende huis is! Moenie mislei word nie, EK sê weer aan die Babiloniese kerke, EK YAHUSHUA sal julle oordeel, julle werke, julle geld, julle roem sal julle nie red in die komende Oordeelsdag nie! (Openbaring 2)

Julle wie satan dien en julle noem julleself "3rd degree" messelaars, julle wie julleself "illuminati" noem, daar is geen verduideliking binne in julle nie! Die GOD van skepping het die hel en die poel van vuur gemaak vir ‘n ander doel, en dit is vir die gevalle engele en satan, maar dit is julle wat daarop aangedring het om rebels te bly en om die god van ongehoorsaamheid en rebelsheid en die antichris te dien, julle sal ‘n ewigheid in verdoemenis spandeer, omdat julle MY Redding geweier het. MY KINDERS, TOETS DIE VRUGTE!

As enige pastoor nie in lyn is met MY HEILIGE woord nie, HARDLOOP dan weg van daardie pastoor af! Die kerk is nie ‘n gebou nie, die kerk en MY tempel is MY KINDERS wat saam vergader in MY NAAM! Moenie mislei word deur roem en rykdom nie, deur die grootte van die kerk of die tempel of die gemeente nie. Moenie mislei word deur valse manifestasies of deur dinge wat sekere mense wonderwerke noem nie, tog sê EK vir julle dit is toordery. EK sê vir julle dat dit die okkulte is wat julle kerke vul, en ja, die Christelike radiogolwe! Hoe lank, MY kinders, moet EK wag voordat EK MY Bruid gaan kom haal? EK vra vir julle, hoe lank voordat MY Bruid gaan ophou om ongehoorsaam te wees en gaan begin gehoorsaam wees aan dit wat hulle weet is die waarheid, en begin VLUG vanaf die bose wat in die grootste deel van die kerke voorkom. As julle MY stem in hierdie profesie hoor en nou VLUG uit die Babiloniese kerke, dan sal julle nie in die vervalste kerke sit wanneer die antichris in hierdie kerke kom en aanbid word nie.

(einde van die profesie)

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die Heilige Gees, die RUACH HA KODESH. Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie. Bedek ASSEBLIEF myself en my man en hierdie ministerie, in gebed vir beskerming. Hierdie profetiese boodskap is slegs vir die kinders van YAHUSHUA, ook die HERE JESUS CHRISTUS genoem. Hierdie profetiese boodskap is vir diegene wat kan hoor met hulle geestelike ore, diegene wat kan onderskei met hulle geestelike oë. Die waarheid is nou gespreek in hierdie profesie. Al die ander moet nie bekommerd wees nie, hierdie boodskap was nie vir julle nie, julle is soos die bose farao en julle sal geestelik doof bly vir die woorde wat in hierdie profesie gespreek is.

Terwyl hierdie boodskap aan my gegee was het ek ‘n visioen gehad, ek het hope gedroogde bene en stukkende geraamtes op mekaar gestapel, gesien lê in ‘n kerk. Die dooie bene het LEWE gekry en die geraamtes het weer heel geword, en begin spring en hardloop, terwyl daar vlees op die bene verskyn het, soos die waarheid oor hulle gekom het, en hulle het geweet dat die waarheid in hierdie profesie hulle sou vrystel.

Ek gee die bogenoemde woord nederig aan julle.

‘n Handgemaakte kind, vegter en Bruid van YAHUSHUA.

Kom YAHUSHUA, kom Vinnig in die Naam bo alle Name, YAHUSHUA ha MESSIAS (YAHUSHUA die MESSIAS), ook die HERE JESUS CHRISTUS genoem!

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah 12:20 namiddag, 16 Oktober 2002.

Deel asseblief hierdie met ander sodat die waarheid hulle ook kan vrystel. Ek bid in die Naam van YAHUSHUA ha MESSIAS.

So is dit gespreek, so is dit geskryf en saam bid ons vir VADER GOD YAHUVEH dat ons waardig geag sal word om U woede te ontwyk, asook die Groot Verdrukking wat aan die kom is, in die Naam van YAHUSHUA ha MESSIAS (Lukas 21:36). Ek bid dat ons ingesluit sal word by die enigste kerk wat lewendig opgeneem sal word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet. Net soos dit geskryf is, die kerk van Philadelphia (Openbaring 3:7-12). Amen.

Lees ook hierdie profesieë in engels…

Profesie 27
YAHUSHUA SAL OP 'N SABBAT TERUGKEER. HERRYS VROUE APOSTELS EN PROFETE!

Profesie 40
MOENIE DEEL WEES VAN DIE VALSE BRUID NIE, INDIEN JULLE IS ... VLUG!

Profesie 41
SAL MY WARE BRUID ASSEBLIEF OPSTAAN!

Profesie 59
"EK GAAN NIE VIR ‘N ONGEHOORSAME BRUID KOM NIE!"

Soos YAHUSHUA ons van die laaste dae vertel het, "en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom."

Is julle geestelik gereed? Is julle familie? Dit is die doel van hierdie ministerie, om met die profetiese boodskappe te waarsku, asook om aan te moedig en om verlore siele na YAHUSHUA, die enigeste MESSIAS, te lei.

As jy YAHUSHUA aangeneem het as jou Redder, maar jy is nog steeds louwarm in jou liefde, gehoorsaamheid en geestelike pad met HOM, dan moet jy onmiddelik om vergifnis vra vir HOM, asook vir die heropvulling van die RUACH HA KODESH (Heilige Gees). Jy moet nie net berou hê nie, maar ook wegdraai vanaf jou sondes, en vir YAHUSHUA vra dat HY jou sondes sal wegwas in SY gestorte Bloed by Golgota. HY sal jou onmidddelik vergewe en jou hart vul met die vreugde van die RUACH HA KODESH.

As jy nog nooit vir YAHUSHUA as jou Redder aangeneem het nie, maar jy het wel deur die Heilige Bybel en hierdie profetiese boodskappe begin besef dat HY wel bestaan, en dat SY koms baie naby is, en jy wil SY gratis geskenk van die ewige lewe in die Hemel aanvaar, sê dan hierdie reddings gebed hieronder op en bedoel dit met jou hele hart…YAHUSHUA is getrou om jou te vergewe terwyl jy jou sondes bely, berou het daaroor en wegdraai daarvan, in die naam van YAHUSHUA. Vra HOM om in jou hart in te kom en om SY lewe binne in jou te kom lewe, dat HY jou sal gebruik vir YAHUSHUA en YAHUVEH se Glorie.

Reddings gebed in engels

Dear YAHUSHUA, I accept you now as my Lord and Savior, You are the God I love. I believe you paid the price for my sins at Calvary, you died and arose from the dead on the third day. I ask you to come into my heart, forgive me of my sins, wash me clean of all unrighteousness. I am sorry I have sinned, and I turn away from those sins. Thank you for filling me with your Holy Spirit, and giving me the desire to serve you all the days of my life, and live your life in me, YAHUSHUA, so you will be Glorified! Thank you for giving me the desire to read your Bible, and give me the wisdom to understand it, Thank you for Loving me and Saving my soul, causing my Faith to grow, so one day I will be with You in Heaven. Fill me with your Holy Spirit Now and deliver me from the evil one in your name YAHUSHUA I pray! Help me YAHUSHUA to remember All have sinned and fall short of the Glory of YAHUVAH, and you came to save US sinners, that's why your called our Savior. Amen.

Lees hierdie gebed, lees dit dan weer, hierdie keer moet jy dit nie met kennis van die verstand lees nie, maar met kennis van die hart, glo dit deur GELOOF, en onthou, YAHUSHUA is nie net God nie, maar HY is jou beste vriend! HY gee baie om vir jou, HY het jou so lief, net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die SONDAAR, so lief!

YAHUSHUA het die prys betaal vir jou sondes, jy hoef nie meer skuldig of veroordeeld te voel nie! Bely jou sondes by YAHUSHUA! Noem jou sondes vir HOM, sê vir HOM dat jy jammer is, vra vir HOM dat HY jou sal vergewe! Al jou sondes in die verlede en in die toekoms. ‘n Sonde is enige iets wat jy gedoen het of nou doen, wat ons Heilige YAHUVEH ongelukkig maak. Niemand is perfek nie. Onthou dit!

Lees die Nuwe Testament en begin om te leer wie YAHUSHUA is. 1 Johannes 3:16. Die Bybel sê dat jy HOM moet bely as Here en Redder, sodat hy jou sal bely voor die Vader. Moenie skaam wees vir YAHUSHUA nie, HY is nie skaam vir jou nie. Vertel vir iemand dat jy vir YAHUSHUA van Golgota en Nasaret, op hierdie dag aangeneem het! Al die engele in die Hemel is verheug, omdat daar nog ‘n naam in die Lam se Boek van die Lewe bygevoeg is!

Laat ons verheug wees. As jy ‘n pastoor nodig het, het ons meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA! ONS SIEN UIT DAARNA OM JOU IN DIE HEMEL TE ONTMOET, INDIEN ONS NIE OP DIE AARDE GAAN ONTMOET NIE.

Stuur ‘n e-pos aan Elisabeth en vertel haar van die geskenk van die ewige lewe, indien jy dit so pas vanaf YAHUSHUA ons MESSIAS ontvang het!

Ons sien uit daarna om van jou te hoor!